Hoërskool Langenhoven van Riversdal se swemspan het op Vrydag, 18 Januarie, aan die Eden Junior-liga swemgala te George deelgeneem. Die swemmers het goed presteer.
Die volgende prestasies is in die verskillende ouderdomsgroepe behaal:
Vroue 15 jaar en ouer in die 50m vlinderslag – Mienke Doubell (goud) en Kealla Pratt (silwer).
Vroue 15 jaar en ouer in die 100m borsslag – Zarli Minnie (goud), Tinka Fox (silwer) en Mia Coetzee (brons).
Vroue 15 jaar en ouer (vryslag) – Kealla Pratt (goud), Mienke Doubell (silwer) en Tinka Fox (brons).
Mans 15 jaar en ouer in die 100m borsslag – Hoffie Prinsloo (silwer) en Miquel D’Emiljo (brons).
Mans 15 jaar en ouer in die 50m rugslag – Miquel D’Emiljo (goud) en Francois van Wyk (silwer).
Mans 15 jaar en ouer in die 100m vryslag – Hoffie Prinsloo (goud) en Miquel D’Emiljo (silwer).
Die skool is baie opgewonde oor die swemspan se seisoen wat voorlê!
Agter vlnr: Zarli Minnie, Francois van Wyk, Hoffie Prinsloo, Miquel D’Emiljo en Mia Coetzee.
Voor vlnr: Mienke Doubell, Tinka Fox en Kealla Pratt