Hoërskool Langenhoven van Riversdal het hul leerlingraad vir 2019 bekend gemaak. Die nuutverkole Leerlingraad het die naweek van 12 Oktober 2018 ‘n uiters suksesvolle beplanningsnaweek gehad. Die skool se leerders kan na ‘n propvol en heerlike 2019, uitsien.
Dasse se nuutverkose Leerlingraad vir 2019 is:
Agter vlnr: Ricus van der Vyver, Sean Stroebel, Josua Smit en Iné Lourens.
Middel vlnr: Adunaike Herling, Marlé van Wyk, Mari van Tonder en Anja du Toit.
Voor vlnr: Elizmarie Solomon (onderhoofdogter), Elkie van Wyk (hoofseun), Dine-Mari du Preez (hoofdogter) en Duan Marshall (onderhoofseun).