)

ELRIKE VAN DASSE VERWERF AMBASSADEURSTOEKENNING

Elrike Kleynhans, ‘n graad 12 leerder en hoofdogter van Hoërskool Langenhoven se koshuis, het tydens die skool se jaarlikse Erkenningsaand die gesogde Ambassadeurstoekenning ontvang.

Dit word toegeken aan die Das wat ten alle tye en op alle terreine die skool verteenwoordig en eer aandoen. Op akademiese gebied bring Elrike haar kant, deur halfkleure te verwerf, en ‘n posisie op die top 10 in graad 12. Sy dien op die skool se leerlingraad en is hoofdogter van die koshuis. Sy neem aktief aan sport dwarsdeur die jaar deel, en is altyd lojaal en uiters entoesiasties. Elrike blink ook uit op die kultuurgebied en verwerf SWD vir debat.

Om die kroon te span, verteenwoordig hierdie Das die skool in die gemeenskap, en motiveer sy haar mede-skoliere om by dieresorg, bejaardes en behoeftige skooltjies betrokke te raak. Ook in die skool en koshuis word ons leuse GETROU in al sy fasette uitgeleef en boesem Elrike vertroue by haar mindere én meerdere in.

Dasse is TROTS op jou Elrike!

Jy is verseker so mooi voorbeeld vir ander.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal