Elrike Kleynhans, ān graad 12 leerder en hoofdogter van HoĆ«rskool Langenhoven se koshuis, het tydens die skool se jaarlikse Erkenningsaand die gesogde Ambassadeurstoekenning ontvang.
Dit word toegeken aan die Das wat ten alle tye en op alle terreine die skool verteenwoordig en eer aandoen. Op akademiese gebied bring Elrike haar kant, deur halfkleure te verwerf, en ān posisie op die top 10 in graad 12. Sy dien op die skool se leerlingraad en is hoofdogter van die koshuis. Sy neem aktief aan sport dwarsdeur die jaar deel, en is altyd lojaal en uiters entoesiasties. Elrike blink ook uit op die kultuurgebied en verwerf SWD vir debat.
Om die kroon te span, verteenwoordig hierdie Das die skool in die gemeenskap, en motiveer sy haar mede-skoliere om by dieresorg, bejaardes en behoeftige skooltjies betrokke te raak. Ook in die skool en koshuis word ons leuse GETROU in al sy fasette uitgeleef en boesem Elrike vertroue by haar mindere Ć©n meerdere in.
Dasse is TROTS op jou Elrike!
Jy is verseker so mooi voorbeeld vir ander.