Hanú Kilian, Gr 9 leerder van Hoërskool Florida, is vir die South African Gymnastics Federation span gekies en het die 3de November aan die Region 5 Mans Artistiese Gimnastiek kompetisie deelgeneem by Matsport in Pretoria.
Hierdie kompetisie gee gimnaste van Angola, Mosambiek, Namibie, Suid Afrika, Eswatini en Zimbabwe die geleentheid om vir hul land deel te neem.
Hanú het 3 goud en 2 silwer apparaat-medaljes verower en het by die kompetisie in die Junior afdeling algeheel Goud gewen.
Fantasties, Hanú!