Op Maandag, 5 Februarie 2018, het mnr. Francois Malherbe (verteenwoordiger van die Gideons) vir elke graad 8-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, ‘n Bybeltjie oorhandig.
Hulle plaas Bybels in skole, gastehuise, hospitale en gevangenisse. Mnr. Malherbe het tydens die saalbyeenkoms ‘n mooi boodskap van hoop vir die leerders gebring.
Op die foto verskyn van links: Grant Hess, Henco Louw, Francois Malherbe, Paula-Mari Streicher en Lene Radyn.