Twee kranige graad 8 fietsryers van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het vanjaar aan verskeie fietswedrenne deelgeneem en goeie prestasies opgelewer.
Jooste Coetzee het tydens die naweek van 20 en 21 Januarie 2018 aan die Mpumalanga Kampioenskappe (Padfiets) te Badplaas deelgeneem waar hy al vier bene van die kompetisie gewen het. Hy is ná afloop van die wedren aangewys as die o/14 Mpumalanga kampioen.
Op Saterdag, 27 Januarie 2018, het Jooste aan die Barberton Rotary Club XCM (Bergfiets) wedren deelgeneem. Hy wen die 30km o/14-kategorie en eindig derde in die o/16-kategorie. Jooste het op Sondag, 28 Januarie, aan die Value Logistics Fast One te Meyerton, Johannesburg (Padfiets) wedren deelgeneem. Hy wen die algehele o/14-kategorie. Die wedren was oor ‘n afstand van 100km.
Wildo Du Toit het tydens die naweek van 20 en 21 Januarie 2018 aan die Mpumalanga Kampioenskappe (Padfiets) te Badplaas deelgeneem. Wildo was hiermee ook die wenner van die o/16-kategorie.
Baie geluk aan hierdie twee leerders wat Ligbron se naam hoog hou tydens elke fietswedren waaraan hulle deelneem.
Op die foto bo:
Jooste Coetzee en Wildo du Toit