Emmari Gildenhuys, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is die enigste Suid-Kaap leerder wat gekies is vir die Speeltoneel-kompetisie van KykNET.
Sy is uit ongeveer 3000 leerders gekies, om vir die volgende jaar, een keer per maand, privaatklasse in Kaapstad by Desiré Gardner en haar span, te ontvang. Dit sluit akteurs soos Izak Davel en Je-ani Swiegelaar, bekend vir haar rol as Naomi Koster van Binnelanders, in. Emmari kry ook weekliks aanlyn opleiding.
Die kans is groot dat sy in April 2021, in ‘n kortfilm op KykNET te sien gaan wees.
Die Dasse is baie trots op jou, Emmari!