Casper du Plessis en Foster Lubbe het die Noordkaap Krieket se “Capping” seremonie bygewoon.
Altwee hierdie leerders, van Hoërskool Kalahari in Kuruman, verteenwoordig Noordkaap krieket gedurende
die vakansie in hul onderskeie nasionale toernooie.
Casper du Plessis speel vir die o/17 Plattelandspan in Kimberley. Foster Lubbe speel vir die o/15 span in Stellenbosch.
Foster is ook aangewys as sy span se onderkaptein.
Baie geluk aan Casper en Foster!
(foto) Foster Lubbe (lings) en Casper du Plessis (regs).