Die graad 12 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Dinsdag, 26 November, hulle laaste matriekvraestel geskryf. Dit was ook die laaste keer dat hulle in die skoolbanke sal verkeer.
Ligbron groet só dan die graad 12’s van 2018 en wens elkeen ‘n voorspoedige lewensreis toe. Mag julle die vrugte van julle 12 jaar op skool se harde werk pluk.
Foto:Â Ligbron se graad 12 leerders groet Ligbron vir oulaas