)

Hoërskool Cradock neem afskeid van personeel

CHS het onlangs afskeid geneem van drie personeel wat die Kwagga-familie in Desember verlaat. Mnr. J.R Foreman was verbonde aan CHS sedert Januarie 2017 en het verskeie rolle vertolk. Hy sal gemis word op die sportveld asook in die klaskamer en personeelkamer, vir sy skaam lag en veral vir sy buitensporige gekleurde sokkies. Hy verlaat die Oos-Kaap om by die Hoërskool Punt span in Mosselbaai aan te sluit as sportorganiseerder.

Me. Melani Vermaak was wel net vir een jaar deel van die Drama Departement by CHS, maar het vinnig deel geword van die personeel en het leerders op haar besonderse manier begelei.

Nuwe geleenthede in Somerset-Oos en Mpumalanga roep haar egter en ons wens haar alle sterkte toe vir die pad vorentoe.

Sedert September 2016 was mev. Maryna Kriel as bemarker werksaam by CHS. Sy het vele hoede gedra in haar tyd as ‘n Kwagga en met ywer ingespring en oral gehelp. In 2019 gaan sy ‘n nuwe opwindende avontuur in Cradock aanpak.

Die Kwagga-familie wens hierdie drie sterkte toe met al hul werksaamhede en drome vir die toekoms.

Dankie vir jul bydrae by CHS en die mooi herinneringe wat julle nalaat, julle sal beslis gemis word.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal