Voor vlnr: Jolene Nel, Kayla Ferreira, Ankia Kapp, Monique van Rooyen en Monique Ferreira
Agter vlnr: Mieke de Ridder, Gerry Smith, Leila Nell, Danell Botha, Ameshia van der Walt, Marlie Nieman, Larushe Gregor, Kristen van Rooyen en Soncia Wolmarans
(Foto verskaf)
Hoërskool Framesby se 1ste dogters-krieketspan het eerste gekolf in die 30-boulbeurt wedstryd teen Pearson.
Framsby is uitgeboul in die 21ste boulbeurt vir 85 lopies. Leila Nel, Kristen van Rooyen en Kayla Ferreira het elk 2 paaltjies geneem.
Monique Ferreira het 3 paaltjies geneem in 5 boulbeurte vir 17 lopies.
Monique Ferreira het 32 lopies aangeteken, Kayla Ferreira 20 en Kristen van Rooyen 10 lopies in hulle laaste wedstryd vir Framesby.
Baie dankie aan die staatmakers, Framesby is voorwaar baie bevoorreg om julle vir 5 jaar in die eerste span te hê. Dankie vir julle bydrae tot al die oorwinnings van die span. Die lae-order kolwers het egter die wedstryd in die 19de beurt beklink en gesorg vir ‘n 2-paaltjie oorwinning oor Pearson.