Voor vlnr: Ruan du Toi en links staan Mia Steenkamp
Agter vlnr: Tyrone Berning en Amy Greyling
(Foto verskaf)
Op Saterdag, 7 Maart, het ses atlete van Hoƫrskool Ermelo deelgeneem aan die Mpumalanga-atletiekkampioenskap te Secunda Stadion.
Die volgende atlete kwalifiseer en word ingesluit in die Mpumalanga-atletiekspan:.
Mia Steenkamp, Tyrone Berning, Amy Greyling en Ruan du Toit .
Hierdie leerders gaanĀ aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap, wat plaasvind op 18 tot 21 Maart in Boksburg, deelneem.
Baie geluk met hierdie besonderse prestasie en sterkte met die finale voorbereiding.
EHS is besonder trots op elkeen van die atlete!