Tiaan de Beer
Drie leerders van Hoërskool Framesby, Tiaan de Beer, Carla Kruger en Tiaan Bouwer is onlangs vereer by die Siyanqoba Wiskunde Probleemoplossings Prysuitdelingsfunksie wat Vrydagmiddag, 7 Februarie, plaasgevind het by Algoa College. Toekennings is gemaak op grond van prestasies wat leerders verlede jaar tydens Wiskunde Olimpiades en Wiskunde spankompetisies behaal het en spesifiek ook hul vermoë om probleme op te los. In die junior afdeling is Tiaan de Beer (verlede jaar gr 9) as die top leerder (1ste posisie) in die 2019 Siyanqoba opleidingsgroep in Port Elizabeth aangewys en Carla Kruger (verlede jaar gr 8) as die 3de beste junior.
In die senior afdeling het Tiaan Bouwer ‘n 3de plek behaal. Vir hom is dit veral ook ‘n uitsonderlike prestasie aangesien hy as gr 10-leerling teen gr 11’s en 12’s moes kompeteer.
Siyanqoba is ‘n opleidingsprogram van die SAMF wat fokus op probleemoplossing, gerig op Wiskundig begaafde leerders wat gereeld aan Wiskunde Olimpiades deelneem.
Framesby is baie trots op hierdie 3 leerders en sien uit daarna hoe hulle tydens 2020 gaan vaar!