Ferdi Roth, Zahn Scholtz (k), Ryno Swiegelaar en Christiaan van Vuuren
Hoërskool Framesby se gholfers glimlag breed na ‘n suksesvolle toernooi die naweek van 14 tot 16 Februarie op die Fynbos gholfbaan te Eersterivier gespeel is.
Die toernooi is oor 45 putjies beslis: Beurtspel en Parespel op Saterdag en enkelspelwedstryde Sondag. Spelers speel vanaf 0 voorgee op die Stablefod puntetoekenningsmetode. Na afloop van Saterdag se wedstryde was Hoërskool Port Alfred die voorloper met 100 punte en Framesby en HTS Daniël Pienaar gesamentlik 2de met ‘n totaal van 91 punte.
Die finale uitslag na Sondag se wedstryde is:
Port Alfred 185
Framesby 183
Daniël Pienaar 174
Baie geluk aan Framesby met die mooi terugvegpoging, maar ook geluk aan Port Alfred wat onder groot druk genoeg gedoen het om te kon wen.