Me. Mariska Basson en die kursusleier, Deon Steyn
Baie geluk aan juffrou Mariska Basson van Hoërskool Framesby, wat na die afgelope naweek as een van die eerste groep skeidsregters in Port Elizabeth gekwalifiseer het wat op die SPUR bergfiets-liga sal dien. Sy kan voortaan, met verdere opleiding, op Fietsry SA byeenkomste diens doen! Die kursus-leier was mnr Deon Steyn wat ‘n Internasionale skeidsregter is en ook oorhoofs is van die beamptes by die Cape Epic.