Hoërskool Florida in Roodepoort spog weer met van die mooiste kinders in die Wesrand. Iva Meyer, gr 11 leerder, het die afgelope naweek deelgeneem aan die “Face of the Year 2018” vir meisies onder 16.
Daar was meer as 70 deelnemers wat opgedaag het by die Roodepoort. Iva het egter weggestap met die titel “Face of the year 2018”.
Een van die pryse wat sy gewen het is ‘n luukse bootrit op die MFC, waar sy haar titel kan verdedig in Maart 2019.