Janke Heenop, ‘n graad 9-leerder en Monique Gemürr, ‘n graad 8-leerder, van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is in die Wes-Kaapspan vir Ritmiese Gimnastiek opgeneem.
Monique en Janke het op Saterdag, 1 September, te Wynberg, aan die Wes-Kaap kampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem en puik presteer. Monique neem op vlak 7, o/15 deel en behaal ‘n vyfde plek en Janke op vlak 9, o/15 en behaal ‘n derde plek.
Op die foto verskyn Monique Gemürr (links) en Janke Heenop (regs).
Become a Sponsor









