Janke Heenop, ān graad 9-leerder en Monique GemĆ¼rr, ān graad 8-leerder, van HoĆ«rskool Langenhoven in Riversdal, is in die Wes-Kaapspan vir Ritmiese Gimnastiek opgeneem.
Monique en Janke het op Saterdag, 1 September, te Wynberg, aan die Wes-Kaap kampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem en puik presteer. Monique neem op vlak 7, o/15 deel en behaal ān vyfde plek en Janke op vlak 9, o/15 en behaal ān derde plek.
Op die foto verskyn Monique GemĆ¼rr (links) en Janke Heenop (regs).