Op Saterdag 19 Mei 2018 het die Erries te staan gekom teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal in die jaarlikse FNB Derby in Bethal. Die geesdrif was aansteeklik en die Erries het kop-en-skouersbo hulle teenstanders uitgestaan.
Die Erries se dogtershokkie wen vier uit hul vyf wedstryde en speel een gelykop:
o/14A’s wen 5-0. Baie geluk aan Cayla van der Meyden en Sinethemba Nkosi wat elk twee doele vir hul span aangeteken het en Danel Olivier wat een doel geslaan het.
Die o/15A-span speel gelykop met 2 doele elk. Carissa Venter en Chané Bester teken elk `n doel aan.
Die o/16A’s wen 6-0. Hier is die tellingmakers Jana Nel, Elizia van Heerden en Meghan Houy wat elk twee doele vir die span aanteken.
Die Erries se tweedespan wen met ‘n pragtige 6-0. Zelné de Jager en Gerzanda Fourie teken elk een doel aan, terwyl Clarize Olivier en Yonette Fourie elk twee doele slaan.
Hoërskool Ermelo Calstar Eerste-dogtershokkiespan wen met ‘n eindtelling van 4-1. Geluk aan Kelly-Anne Bourn wat drie doele slaan en Ansu Klopper een.
Die netbalspanne van die Erries eindig met gemengde tellings, maar lewer steeds uitstekende spel. Die o/14A’s speel ‘n pragtige wedstryd, maar verloor in die laaste sekondes met slegs een punt wat die telling op 8-9 laat. Ongelukkig verloor die o/15A-span met 28-9. Die o/17A-span wen oortuigend met 11 doele teenoor 5 na ‘n besondere wedstryd. Hoërskool Ermelo Calstar Eerste-netbalspan speel ‘n aanskoulike, naelbytwedstryd en wen Hoogenhout met een punt! Die eindtelling is 31-30 en dit was voorwaar ‘n pragstryd!
Die ses rugbywedstryde wat gespeel is, is almal deur die Erries gewen met uitsonderlike tellings! Die o/14A-span skop die oorwinningswedstryde af met ‘n eindtelling van 55-0. Marius Nel druk drie drieë, Tiaan Grobler en Juan-Paul Labuschagne spog elk met twee drieë, terwyl Marko Ferreira en Surprise Nkosi elk een gedruk het. Juan-Paul skop ook vyf doelskoppe oor. o/15A wen met 15 teenoor 10. Corné Jansen van Rensburg (foto bo) en Lourens Erasmus druk elk een drie en Danie Theron skop ‘n doelskop asook ‘n strafskop oor. Die o/15B-span wen met 15-12. Die drieë is gedruk deur Bonny Fakude en Themba Mngomezulu. Mpilo Mndawa skop ‘n doel- en strafskop oor. EHS se o/16A-span wen met ‘n pragtige 55 punte teenoor slegs 10. Rabbie Marsh druk twee drieë terwyl Timmy Nyantsumbe, Hardus Rothmann, Lungelani Nhlapo, GJ Swart, Chad Coetzee en André-Dale Groenewald elkeen een drie druk. Hardus skop ook ses doelskoppe en een strafskop oor. Die tweedespan van die Erries stap met ‘n oorwinning van 24-10 van die veld af met 24-10. Teno Chigede, Cornus van den Berg, Willie Greyling en Heubie van der Walt druk elk ‘n drie en Surprise Nkosi skop twee doelskoppe oor.
Hoërskool Ermelo se Nashua Highveld Eerste-rugbyspan wen met ‘n oortuigende 41-17. Johan Nel druk twee drieë. Mitchelson Mkhwanazi, Mthandeni Thomo, Gejhan Thyssen en Charl Rautenbach druk elkeen een drie en Walter Visser skop vier doelskoppe en een strafskop oor.
Die Errie-afrigters is trots op elke Errie wat hul hart uitgespeel het vir die EHS. Eenheid en Errie-guts het die teenstanders laat les op sê.
Baie geluk en sterkte met die volgende wedstryde.