Hoërskool Die Wilgers vul hul skatkis van filmsterre aan met Liané Chomse (graad 9). Sy is verkies as ‘n finalis in KykNet se Speeltoneel-kompetisie.
As finalis het sy opleiding van verskeie akteurs soos Germandt Geldenhuys, Je-anie Swiegelaar, Reynard Hugo en Desire Gardner ontvang. Liané moes verskeie opdragte uitvoer, werkswinkels bywoon en haar eie kortfilms skryf en opneem.
Wilgie-maats soos Leana Hill, Zancha Viljoen en Channel Roberts, was baie behulpsaam en ondersteunend en het hul tyd opgeoffer om in haar kortfilms te speel. Julle is ware Wilgie-vriende!
Die produksie van haar kortfilm: Twee in die bos, word deur Germandt Geldenhuys behartig. Dié produksie word eerskomende naweek opgeneem vir uitsendig op KykNet. Mag hierdie die eerste van vele wees Liané!
#wilgietrots#diewilgers#wilgerskultuur#wilgersfilmster#wilgerstoneel#wilgersster#kyknet#speeltoneelkompetisie @kykNET@kyknettv
Foto’s verskaf