Zerwick de Lange, wiskunde-ghoeroe van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria doen dit weer!
Hierdie Wilgie-toppresteerder het weereens deurgedring as ‘n top 60-finalis vir hoërskole in die Netwerk24-Wiskundekompetisie van 2021. Die kompetisie mik daarna om konsepsionele kennis, probleemoplossing, bewysvoering, kommunikasie en algemene wiskundige denke te ontwikkel.
Zerwick is ‘n kranige wiskundige. Hy het verlede jaar as pryswenner weggestap in dié kompetisie! Vanjaar se finale rondte vind in September plaas.
Zerwick is Hoërskool Die Wilgers se hoofseun vir 2020/2021. Hy neem ook deel aan toneel en redenaars. Hy het onlangs deelgeneem aan die Nasionale Wiskunde Olimpiade se finale rondte (uitslae nog onbekend).
Met ‘n top akademiese prestasie as die nr. 1-leerder vir die eerste kwartaal lê daar ‘n blink toekoms vir Zerwick voor.
Meer oor Die Wilgers:
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/pretoria/
#wilgietrots #diewilgers #wilgersakademie #wilgersiwskunde #wilgerspresteer #wilgersster