Hoërskool Die Wilgers Digbundel. Hoërskool Die Wilgers van Pretoria stel met trots bekend hul Afrikaans, graad 11-leerders se eie digbundel. Die pragtige omslag is geverf deur Cara van Niekerk, ook ‘n graad 11-leerder.
Juffrou Marieke Buys, hul vakonderwyser, het ‘n ou Wilgie-tradisie weer in die lewe geroep. Sy noem dat sy self nog ‘n Wilgie-Digbundel van 2009 het, wat me. Nel du Plooy saamgestel het.
Leerders kon oor enige onderwerp hul gedigte skryf. Me. Buys sê dat sy vir die leerders digterlike vryheid gegee het; sonder beperkings kon hulle hulle harte uitskryf.
Hierdie pragstuk is beskikbaar per bestelling by die skool – hswilgers@hswilgers.co.za
Lees meer oor Die Wilgers: