Vriendskaplike rugby wedstryde. Op Donderdag 23 September het twee van die Erries se rugbyspanne teen Hoërskool Delmas vriendskaplike rygby wedstryde gespeel.
Beide die o/17A- en o/17B-Erriespanne wen oortuigend met 42-12 en 41-12 onderskeidelik.
‘n Spesiale woord van dank aan Hoërskool Delmas asook aan die breër Delmas-gemeenskap vir die wyse waarop hul die Erries verwelkom het, met spesiale vermelding van Louwtjie Scheepers van Sasol Delmas wat die seuns trakteer en besonder gulhartig ontvang het.
Baie geuk aan die tweed rugbyspanne.
Erries is trots op julle!!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: