Agter vlnr: André Olivier, André May en Henry Bothwell.
Voor vlnr: Wihan Gaybba, Zacko Greeff en Helgard Rautenbach.
Hoërskool DF Malan se 2de gholfspan het op 26 Augustus in die Westelike Provinsie C-Liga finaal by Milnerton gholfbaan deelgeneem.
Dit was die tweede opeenvolgende jaar wat hulle deel was van die finaal teen ‘n baie sterk KDM-onwikkelingspan van die Suidelike voorstede.
Hierdie jaar is DF Malan aangewys as die kampioene van die C-liga met ‘n wentelling van 128 teenoor 125.