Die DF-Musiekdepartement het op 22 Februarie die 2de Schools’ Baroque Festival aangebied waar 110 musiekleerders en 17 musiekonderwysers werkswinkels bygewoon het. Die werkswinkels is aangebied deur Erik Dippenaar, die Artistieke Direkteur van Camerata Tinta Barocca.
Hierdie barokensemble word gereken as die beste barokensemble in Suid-Afrika. Werkswinkels in Improvisasie en musiekgeskiedenis is aangebied.