Die 29 Januarie 2018 het die jaarlikse OP Platteland tennisproewe plaasgevind te Cradock. Die tennisspelers van van Hoërskool Cradock het oudergewoonte baie goed gedoen en 5 spelers word ingesluit in die OP Plattelandspan. Ten spyte van bitter warm weer was die tennis van hoogstaande gehalte.
Baie geluk aan die volgende spelers wat tot die OP Platteland Span vir 2018 verkies is:
o/16 dogters
Jani Hatting
Adri Henning (Reserwe)
o/19 seuns
Yahron van Dyk
o/19 dogters
Anika Marais
Ilana Steenkamp
Baie geluk aan al die spelers. OP Plattelande speel Dinsdag 27 Februarie 2018 hul eerste wedstryd teen Albanie te Cradock. Kom ondersteun gerus hierdie jong spelers en beleef self hul pragtige spel en talent.