Drie swemmers van Hoërskool Cradock was uitgenooi om aan die Top 8 Gala te Port Elizabeth deel te neem. Hierdie gala word jaarliks gehou waar die 8 vinnigste swemmers in die Oos Kaap in elke slag uitgenooi word om aan hierdie prestige gala deel te neem. Die swemmers het hulle goed van hul taak gekwyt by vanjaar se Top 8 gala. Kayla Goosen het ‘n goue en ‘n silwer medalje ingepalm vir vryslag en vlinderslag onderskeidelik, Karla Goosen ontvang ‘n silwermedalje vir rugslag en Evan Coetzee ontvang ‘n bronsmedalje vir borsslag.
Baie geluk en dankie dat julle CHS se naam so hoog hou!