Vanaf 6 tot 9 Augustus het die gronde van Hoërskool Cradock behoorlik soos ‘n miernes gewemel van bedrywighede tydens die jaarlikse interskole teen Gill Kollege van Somerset-Oos.
Selfs die ysige koue kon nie die entoesiasme en opwinding demp nie. Die week se geesvang en aktiwiteite het reeds op 7 Augustus begin toe die eerstespanne van CHS hul gebruiklike optog deur die strate aangebied het. Daar was ook sportwedstyde tussen die personeel en leerders.
Uiteraard het hierdie tennis-, netbal- rugbywedstryde groot groepe ondersteuners gelok om beide spanne vanaf die kantlyn aan te moedig. Dit is egter die personeelspanne wat met lewenservaring die jonges ‘n les of twee geleer het en as wenners die dag se sport afgesluit het.
Later die aand, tydens die jaarlikse Big Brag, het die Kwaggas bietjie bors uitgestoot en ook presies vertel hoe “hoenders” geëet sal word tydens die komende interskole kragmetings. On Wednesday morning the time for action dawned and all the bravado and talk were put to the test. CHS’s chess players started off the day’s activities and after hours of deliberation and strategizing Gill walked off as the victors by 19 points to 14.
In the Consumer Studies classroom the icy weather was nowhere to be felt as six teams, made up of three CHS teams and three Gill teams, cooked up a storm. The products produced by the learners were evaluated by a well-known panel of judges. Lani Lombard (True Living), Annemarie Rapp (D’Licious) and Pieter de Kock (Buffelshoek Dirosie Lodge) had the privilege of sampling all the products. Cradock High School’s teams were awarded the first and second place in the Cook-Off, with a team from Gill coming in third.
In CHS’s Keevy Hall a number of activities attracted spectators who supported the teams from CHS and Gill in Quiz, Debate and Public Speaking. Both the Junior and Senior Quiz of CHS teams proved too knowledgeable for Gill and won with scores of 14 -7 and 16 -6 respectively. Following well prepared and confidently delivered speeches, the CHS debating team was adjudicated to be victorious.
Cradock High School’s Junior Orators also wen on to beat their opponents with the seniors being beaten narrowly by their rivals. On the sporting front the boys of CHS first tennis team won all their tennis matches for a fantastic 9 – 0. The girls were matched more evenly with their opponents but still played great tennis and won by 2 – 1.
In the afternoon the squash team carried on with the CHS winning streak and won by 11 -7. These two teams played a friendly match earlier in the year and the same sportsmanship and spirit could be seen during this all important inter-school’s match.
Although being far away from the school grounds, the CHS golfers remembered they were thoroughbred Kwaggas and heated up the Cradock Golf Course. Although both teams played good golf it was the home team from CHS that came out as victors and beat Gill by 42 to 35.
Op Donderdag 9 Augustus het die OOV reeds vroeg begin kosmaak, om die toeskouers en spelers van die eerste wedstryde, wat reeds om 08h00 begin het, te bedien. Hoewel die Sjampanjenooientjies van CHS en Gill eers net voor twee-uur die “vonkelwyn” geskink het, het die CHS sportmanne en vroue al van vroegdag af gesprankel.
Die netbalspanne van CHS speel vinnige, akkurate wedstryde en stoot meededoënloos die telling op met puik doelwerk. Die tellings is soos volg: o.14B wen 17 -7, o.14A verloor 16 -17 in ‘n naelbytstryd. 0.16 B wen 25 – 6 , o.16 A wen 34 – 8, o.19B wen 31-5 en o.19A speel hul opponent van die baan af met ‘n pragtige telling van 48 -10.
Hoewel daar groot opgewondenheid heers oor die netbalspanne se vordering hierdie jaar is daar besondere vreugde onder die dogters van die o.16-spanne. Beide hierdie spanne behaal ‘n ongelooflike prestasie deur reeds ‘n tweede seisoen onoorwonne af te sluit.
Gill se twee hokkiespanne bied sterk weerstand, maar kan nie een wedstryd wen nie. Die tweedespanne se wedstryd eindig met een doel elk. Die eerstespan van CHS is te sterk vir hul opponent en wen met 2 – 1, dit nadat Gill halftyd met 1-0 voorgeloop het.
Die seunshokkiespan ervaar ook ‘n opwindende dag deurdat hul opponente van Queens Kollege in die laaste minute voor die wedstryd kanselleer. CHS is egter bevoorreg om ondersteuners te hê wat deel in ons Kwagga-karakter en vinnig ‘n span bymekaar geskraap het om teen die seuns te speel.
‘n Verkorte, dog aksie-belaaide, wedstryd word gespeel en CHS wen hierdie wedstryd 4-2. Oud-skolier Anne-Marie Lombard raak deel van die dag se program en tree as skeidsregter op vir die hokkiewedstryde wat plaasvind. Anne-Marie het ‘n Vlak 2 skeidsregterskwalifikasie en het onlangs ook tydens die IPT o/18 opgetree as skeidsregter.
Intussen speel die CHS se junior seuns sprankelrugby en laat die toeskouers skoon vergeet om koud te kry. Die eerste o.14B-span wat CHS in jare op die veld kon stoot, speel teen ‘n span van Queens Kollege en wen oortuigend met 22 – 7. Die o.14A-span speel ‘n klipharde wedstryd teen opponente wat nie gekom het om te verloor nie, en wen uiteindelik die wedstryd met 14 – 12 te danke aan hul deursettingsvermoë en toewyding.
Die o.15’s gee hul absolute beste en word ook beloon met ‘n 19-10 wen. Die o.16’s is in ‘n wipplankstryd gewikkel en wen ‘n spannende wedstryd 22 – 21. Die tweede span loop hul vas teen sterk opposisie en verloor hul kragmeting 17-0.
Die hoofwedstryd van die dag is die FNB Classic Clash van die eerstespanne van CHS en Gill. Vinnige, hardloop-rugby word gespeel met beide spanne wat ewe graag as wenners uit die stryd wil tree. Dit is egter die span van Gill wat hul kanse beste benut en die week se kragmetings aflsuit met ‘n wentelling van 29-12.
The Inter-schools was further enhanced by reunions held by the matric groups of 1968, 1978, 1988, 1998, 2008 and 2013, as well as various other old scholars. The fact that these old scholars keep returning to their Alma Mater clearly illustrates just what a huge role CHS has played in the lives of many people through many decades. CHS was proud and privileged to have the old scholars cheering our teams on from the side lines.
Die skool bedank alle borge en afrigters wat soveel in die skool belê. Baie dankie ook aan al die ouers vir groot opofferings, veral gedurende die winterseisoen. CHS waardeer elke ondersteuner opreg!
(Interskole -Personeelpret)
Mej. Jessica de Lange en Lindzey Munnik verdedig Leanne Carrol tydens die interskole kragmeting tussen CHS personeel en leerders. Die personeel wen hul twee wedstryde 4-2 en 5-2.
(o/16-rugbyspan)
An elated u.16 rugby team celebrate their victory over Gill College, following a very tough game.
(Sjampanjenooi & -heer)
Die skoolhoofde en sjampanjenooientjies van CHS en Gill maak reg vir die gebruiklike seremonie voor die hoofwedstryd van die dag. Mnr. A. Gouws, Zanelle Weitz, Gabriella Assumption en mnr. C.R. Muller.
Ryan Gowar (left), Mr CHS 2018, and Michael du Raan , Mr Gill 2018, presented the first netball team with the ceremonial champagne ahead of their match. With them is the CHS Kwagga.
(Eerstespan rugby)
Lance Swarts is op die aanval tydens die interskole wedstryd tussen CHS en Gill. Lance voer sy bewegings suksesvol uit om ‘n puik drie onder die pale te druk.
(Eerste netbalspan)
The first team players of CHS and Gill’s netball teams line up to sing their respective school songs ahead of their inter-schools match. CHS won the match comfortably with a score of 48-10.
(o/16-netbalspan)
Die o/16-netbalspan van CHS wat hierdie seisoen reeds hul tweede onoorwonne seisoen geniet. Die Carnations, soos hulle bekend staan, speel aanskoulike netbal en wen hul opponente gemaklik.
(Dogtershokkie)
Hoërskool se eerste dogtershokkiespan tree aan voor hul wedstryd teen Gill Kollege. CHS se hokkie-bokkies speel die tipe hokkie waaraan hulle geken word en wen die kragmeting 2-1.
(Seunshokkie)
Die gemeenskapspan en eerste seunshokkiespan van CHS na afloop van hul wedstryd. Die gemeenskapspan is op die dag, weens ‘n onverwagte kansellasie, gevorm om teen die Kwaggas te speel.
(Laerskool besoek)
CHS se Kwagga het ook besoek afgelê by die interskole sport van Cradock Laerskool en hierdie spannetjies ondersteun.
(Verbruikers)
Die pragtige finale produkte wat deur die verbruikerstudieleerders voorberei is as deel van die jaarlikse Cook-Off.
Vlnr: Hanneke du Preez, Beatrice van Wyk en Lené Swart van CHS is as die wenspan op die dag aangewys.
(Skaak)
The chess teams of Cradock High School and Gill College played strategic matches where the determination and concentration could be seen on the faces of every player. Gill College won the day’s play with 19 points to 14.