)

Hoërskool Punt 1ste netbalspan

Die 1ste netbalspan van 2018 speel reeds vanaf 2017 saam en het in hierdie tyd groot hoogtes bereik. Vanaf 2017 speel hulle 105 wedstryde en wen 88 daarvan. Hierdie span het voorwaar hul merk gemaak.

Hierdie span kwalifiseer in beide 2017 en 2018 vir die Wes-Kaap Top Skole-toernooi, en in 2018 eindig hulle 4de in die Wes-Kaap. Tydens die 2018 Top Netbaltoernooi in George, eindig hierdie span 4de uit 14 skole van regoor die land. Tydens die Klein Karoo-toernooi in Oudtshoorn, eindig die span 2de uit 11 skole.

Hiermee ‘n paar indrukwekkende uitslae gedurende die 2018-seisoen:

Wen Hoërskool Hermanus 45 – 13
Wen Hoërskool Outeniqua 28 – 25
Wen Worcester Gimnasium 45 – 30
Wen Hoërskool Langehoven 38 – 22
Wen Hoërskool Despatch 46 – 14
Wen Langenhoven Gimnasium 37 – 26

Me. Nel, hul afrigter, sê: “Hierdie was voorwaar ‘n uitsonderlike groep dogters en dit was ‘n voorreg om by hulle betrokke te kon wees.”

Me. Nel ook aan jou as afrigter, baie dankie vir jou harde werk, omgee vir die span en liefde vir die sport!

Dit is van die, indien nie dié, beste prestasies deur ‘n Punt-netbalspan en hulle leef Punt se leuse, VAN HOOG NA HOËR met passie uit!

Hoërskool Punt-Netbal het ‘n uitnodiging na Paarl Gimnasium se Fast 5-netbaltoernooi, vir o/15- en o/17-spanne, ontvang wat op 8 September begin.

Proewe vir hierdie spanne vind reeds op Donderdag, 23 Augustus, plaas

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal