)

Hoërskool Cradock sprankel by interskole vs Gill College

Vanaf 7 tot 9 Augustus het die gronde van Hoërskool Cradock behoorlik soos ‘n miernes gewemel van bedrywighede tydens die jaarlikse interskole teen Gill Kollege van Somerset-Wes. Selfs die ysige koue kon nie die entoesiasme en opwinding demp nie.

Die week se geesvang en aktiwiteite het reeds op 7 Augustus begin toe die eerstespanne van CHS hul gebruiklike optog deur die strate aangebied het. Daar was ook sportwedstyde tussen die personeel en leerders sowel as die jaarlikse Big Brag waartydens CHS se spanne kon bors uitstoot en hul spanne aan die gemeenskap voorstel.

Op Woensdag 8 Augustus breek die tyd aan vir die Kwaggas om te wys presies wat in hulle steek. Daar word op die dag meegeding in agt aktiwiteite, wat wissel van skaak en tennis tot redenaars en selfs ‘n kookkompetisie. CHS maak skoonskip en wen sewe van die agt aktiwiteite gemakilik.

Donderdag is dit egter tyd vir die netbal-, hokkie- en rugbyspanne om hul man te staan teen díé van Gill College. Weereens speel die Kwaggas hul harte uit en wen hul teenstaanders in elf van die veertien kragmetings wat op CHS Kwaggapark plaasvind.

Die jaarlikse interskole teen Gill College is ‘n groot hoogtepunt op die sportprogram. CHS wil graag alle spanne gelukwens met hul onderskeie wedstryde en die pragtige gees wat op die dag geseevier het. CHS bedank graag alle borge en afrigters wat soveel in die skool en leerders belê het. Baie dankie ook aan die ouers vir groot opofferings veral gedurende die winterseisoen.

*Kyk gerus uit vir ‘n spogblad met ‘n volledige verslag en pragtige foto’s van die interskole tussen Hoërskool Cradock en Gill Kollege in volgende week se uitgawe.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal