)

CHS-netbal skitter teen Gill College

HoĆ«rskool Cradock se eerste netbalspan het in die jaarlikse interskole-wedstryd korte mette met Gill College van Somerset-Wes gemaak en ‘n oorwinning met ‘n rekordtelling van 48 – 10 behaal.

Vanuit die staanspoor het CHS die wedstryd oorheers en na die eerste kwart reeds met 12 – 1 voorgeloop. Teen rustyd het hulle die telling verdubbel na 24 – 2. In ‘n geoliede spanpoging het Ilana Steenkamp (kaptein) en Sima Shweleni in die doelsirkel die telbord aan die rol gehou.

Houghlynne Swarts het ‘n uitstekende wedstryd op senter gespeel. Sy is baie goed ondersteun deur Tamsyne Lottering en Sigcobile Nkosana in die senterbaan. Die verdedigers, Chamrine Booysen en Lenay Booysen, het talle balle in die sirkel afgeneem. Na afloop van die derde kwart was die telling 39 – 6. Gill het geen antwoord gehad nie en CHS kon die seisoen op ‘n hoĆ« noot afsluit.

Die o/19B-span het ook ‘n groot sege van 31 – 5 behaal. Die o/16A- en B-spanne het die seisoen onoorwonne afgesluit met groot oorwinnings van 34 – 8 en 25 – 6 onderskeidelik. Die o/14A’s het net-net met 17 – 16 verloor.

Dit was die enigste wedstryd wat hul vanjaar verloor het. Ook die o/14B-span het ver met 17 – 7 gewen.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal