Hoërskool Cradock se eerste netbalspan het in die jaarlikse interskole-wedstryd korte mette met Gill College van Somerset-Wes gemaak en ‘n oorwinning met ‘n rekordtelling van 48 – 10 behaal.
Vanuit die staanspoor het CHS die wedstryd oorheers en na die eerste kwart reeds met 12 – 1 voorgeloop. Teen rustyd het hulle die telling verdubbel na 24 – 2. In ‘n geoliede spanpoging het Ilana Steenkamp (kaptein) en Sima Shweleni in die doelsirkel die telbord aan die rol gehou.
Houghlynne Swarts het ‘n uitstekende wedstryd op senter gespeel. Sy is baie goed ondersteun deur Tamsyne Lottering en Sigcobile Nkosana in die senterbaan. Die verdedigers, Chamrine Booysen en Lenay Booysen, het talle balle in die sirkel afgeneem. Na afloop van die derde kwart was die telling 39 – 6. Gill het geen antwoord gehad nie en CHS kon die seisoen op ‘n hoë noot afsluit.
Die o/19B-span het ook ‘n groot sege van 31 – 5 behaal. Die o/16A- en B-spanne het die seisoen onoorwonne afgesluit met groot oorwinnings van 34 – 8 en 25 – 6 onderskeidelik. Die o/14A’s het net-net met 17 – 16 verloor.
Dit was die enigste wedstryd wat hul vanjaar verloor het. Ook die o/14B-span het ver met 17 – 7 gewen.