Op Woensdag 8 Augustus het Hoërskool Cradock en Gill College se jaarlikse gholf interskole wedsryd in goeie gees op die pragtige Cradock Gholfbaan plaasgevind.
Spelers speel vanaf ‘n 18-voorgee en elke speler se Stableford-punte oor nege putjies word bymekaargetel vir die span se totale punt.
CHS wen met ‘n totaal van 42 punte teenoor 35. Gill College se beste spelers was A. Geyer (17 punte) en R. Hayes (13 punte). A. Maquena en Ryan Gowar teken elk 11 punte vir CHS aan terwyl Sengi Mntambo 10 punte behaal.
Op die foto:
Alexton Macquena, gholfkaptein van Hoërskool Cradock, op die eerste bof tydens die interkole teen Gill College. Ten spyte van die koue speel beide spanne pragtige gholf. Dit is egter CHS wat die dag wen met 42-35.