)

Hoërskool Cradock seunshokkie v/s Aliwal-Noord

Op Maandag 16 April 2018 het die eerste en tweede seunshokkiespanne van Hoërskool Cradock kragtegemeet teen díe van Aliwal-Noord, tuis op Kwaggapark. Die tweede span is nog ‘n baie jong en onervare span, maar het baie goed begin terugveg in die tweede helfte van hul wedstryd waar hulle slegs een doel afgestaan het. Die span van Aliwal benut hul kanse goed en CHS verloor hierdie wedstryd 6-0.

Die eerstespanne sê mekaar ook die stryd aan en Aliwal teken eerste ‘n doel aan, met CHS wat kort daarna antwoord met ‘n skitterende doel deur regtervleuel Niel Slabbert.  Die besoekers teken later in die eerste heflte hul tweede doel aan.  CHS veg terug met goeie samespel en Ryan Gowar rond dit af met ‘n tweede doel vir die tuisspan.  Die telbord lees 2 elk teen halftyd.  In die eerste deel van die tweede helfte is die spanne baie gelyk, maar Aliwal se manne breek deur en teken twee goeie doele aan.  CHS verloor ongelukkig hierdie wedstryd 4-2.

Na ‘n baie opwindende wedstryd sien ons uit na goeie hokkie in die res van die seisoen, hierdie twee spanne het baie potensiaal om goeie uitslae te lewer op die veld.

Op die foto heel bo:

Hoërskool Cradock se eerste hokkiespan in aksie.  Ryan Gowar op die aanval teen Aliwal-Noord.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal