)

Hoërskool Cradock se Hokkiedogters presteer goed tydens Sparfees

Op Saterdag 17 Maart 2018 het die eerste hokkiespan van Cradock Hoërskool deelgeneem aan die Sparfees in Grahamstad.

Hier het die dogters te staan gekom teen vyf skole uit die streek, naamlik Kingswood College, DSG, Hoër Volkskool, Gill College, Hoërskool Brandwag en Victoria Girls.

Die dogters het puik hokkie gespeel en het seker gemaak hul opponente werk hard om ‘n wen te beklink.  Die spanne van Kingswood en DSG blyk albei te sterk te wees vir die Kwaggas, wat die knie moes buig 3-0 en 1-0 onderskeidelik.
Teen Volkskool en Gill spook beide spanne tevergeefs om doele aan te teken en bly die telbord op 0-0 in albei wesdtryde.

In die wedstryd teen Hoërskool Brandwag wys die Kwaggas hul slag met goeie spanwerk.  Die bal word deurgevoer aan Jani Hattingh wat die doel aanteken en die Kwaggas help om om die wedstryd 1-0 te wen.  In die westryd teen Victoria Girls is dit Marike Dannhauser wat die geleentheid gebruik om ‘n doel aan te teken en die span van CHS na ‘n 1-0 oorwinning lei.

Hoewel die dag propvol wedstryde was, het die eerste hokkiespan van CHS hulself goed gehandaaf teen hul opponente.  Met twee pragtige wenne en twee gelykop tellings is dit duidelik dat die dogters ‘n belowende seisoen het wat voorlê.

Op die foto’s:  Speler van CHS se eerste hokkiespan, Adri Henning (foto bo) en Lara Marais (foto onder), in aksie tydens die afgelope naweek se wedstryde.  CHS speel altesaam ses opwindende wedstryde as deel van die Sparfees.

CHS Hokkie - Lara Marais

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal