)

Hoërskool Cradock se 1ste krieketspan klop Volkskool met 8 paaltjies

Hoërskool Cradock se eerste krieketspan het verlede Saterdag op sy tuisveld met 8 paaltjies afgereken met die Hoër Volkskool van Graaff- Reinet.

Volkskool het eerste gekolf en behaal 115/10, waarna Cradock net 2 paaltjies verloor om die teiken te behaal.  G. Grootboom het goed gekolf en teken 39 lopies aan en D. Jooste teken ‘n verdienstelike 18 lopies aan. Cradock se boulers vaar baie goed en word ondersteun deur uitstekende veldwerk. Siphe Nofukuka en Siya Caku-Caku boul uitstekend en neem onderskeidelik 2/16 en 2/10. Lance Swarts laat self 2 paaltjies kantel vir 26 lopies.

Cradock kolf baie verstandig op ‘n stadige veld deur die telbord met enkellopies aan die gang te hou. Lea Rasmeni met 46 en Ryan Gower met 43 kolf voortreflik in ‘n mooi vennootskap van 93 lopies wat Cradock hoofsaaklik in staat stel om die wenlopies reeds in die 23ste boulbeurt aan te teken. Die wedstryd was goed ondersteun deur die skoliere van Hoërskool Cradock.

Op die foto bo:

CHS se eerste krieketspan na afloop van hul puik oorwinning teen Hoër Volkskool die afgelope naweek.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal