Die netbalspanne van Hoërskool Cradock het op Saterdag 19 Mei 2018 na Middelburg gereis om Hoërskool Middelburg op die netbalbaan die stryd aan te sê.
Die juniorspanne speel goeie netbal en lewer wenslike uitslae. Die o/14A-span wen 33 – 25. Die o/14B-span speel ‘n harde werdstryd en wen net-net met 11 – 10 teen Middelburg se vierdespan.
Die o/16A-span het ‘n welverdiende oorwinning van 22 – 15 behaal terwyl die o/16B’s hul wedstryd met 23 – 3 teen Middelburg se derdespan wen. Die o/19B-span het baie kanse verspeel met swak gooiwerk in die wind en verloor hul wedstryd 21 – 16.
Geluk aan die netbalspanne van CHS wat op die dag die baan oorheers en goeie uitslae gelewer het.