)

HOëRSKOOL CRADOCK LEERLINGRAAD INGEHULDIG

Op Vrydag, 31 Augustus, is die nuwe leerlingraad van Hoërskool Cradock amptelik ingehuldig tot hul termyn.

Hierdie groep van twintig leiers is die vorige week verkies deur hul mede-leerders en onderwyser en sal vir die volgende twaalf maande die voortou neem met leerlingbelange en –dissipline by CHS. Hierdie raad sal saam met die personeel en bestuur van CHS ook help die skool se beeld uit te bou.

Tydens die seremonie, waar hul ouers en voogde ook teenwoordig was, het elke lid van hierdie nuutverkose raad ‘n eed afgelê waarin hulle onderneem om te alle tye in die beste belang van die skool en sy leerders op te tree, waarna hulle die eed saam met hul ouers onderteken het.

Hoërskool Cradock is baie opgewonde oor die termyn wat vir hierdie leerlingraad voorlê. Hul geesdrif en energie is tasbaar en sal die dryfkrag wees agter elke aktiwiteit wat hulle as groep aanpak.

Die leerlingraad vertrek eersdaags op ‘n leierskamp, aangebeid deur Quintus Smit van Pointman Leadership, waar hulle in ‘n neutrale omgewing weg van skoolwerk mekaar beter kan leer ken. Tydens hierdie kamp sal die leerders ook bemagtig word om verskeie take en omstandighede, wat hulle in hul termyn kan teëkom, maklik en effektief te hanteer.

Sterkte vir die jaar wat voorlê Kwaggas. Ons wens julle alle voorspoed toe en sou onguns oor jul pad kom, onthou: “NIL NISI NITENDO”.

Foto bo: Die geesdriftige nuwe leerlingraad van Hoërskool Cradock, na afloop van hul inhuldigingseremonie op 31 Augustus.

Voor vlnr: Sicgobile Nkosana, Sengi Mntambo, Ian Schoeman, Willem Karsten, Bruzelia Martins, Andrea Felix

Middel vlnr: Sisanda Zenzile, Anika Marais, Siya Mashicila, Emihle Bunu, Elize-Mari Gerber, Liesl-Mari Jonker, Anika Hay

Agter vlnr: Chamrine Booysen, Elanie de Wet, Garth Bezuidenhout, Pieter-Ben Smit, Martin Labuschagne, Liyema Bobelo, Raymond Tom

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal