Op 29 Augustus het die leerders van Hoërskool Cradock deelgeneem aan die jaarlikse Aliwal Eisteddfod. Die leerders het uitgeblink in die musiek-, sang- en drama-afdelings.
In die musiek- en sangafdeling het die leerders 10 trippelgoud, 3 dubbelgoud, 2 goud en een silwer toekenning behaal. Leerders het deelgeneem aan individuele sangitems soos solo’s, duette, trio’s asook kwartette. Die CHS skoolkoor behaal ook ‘n trippelgoud toekenning o.l.v. mev. Anne Bekker.
In die drama-afdeling het leerders deelgeneem aan informele poësie, gedramatiseerde poësie, voorgeskrewe poësie, dialoë, monoloë, voorbereide toesprake en onvoorbereide lees. In hierdie afdeling is daar twee trippelgoud. 9 dubbelgoud, 12 goud en vier silwer toekennings verower.
In die skryfkuns afdeling palm die Kwaggas 2 dubbelgoud en 3 goue toekennings in.
Die leerders is afgerig deur mev. Laurette le Roux, me. Ester Blomerus en me. Zelda Mans.
Foto heel bo: Die groep leerders van Hoërskool Cradock wat onlangs puik toekennings ontvang het by die Aliwal Eisteddfod, saam met hul afrigters.
Foto bo: CHS se koor wat tydens die Aliwal Eisteddfod ‘n pragtige trippelgoud toekenning ontvang het.