)

CHS TENNISSPELERS NEEM DEEL AAN TOERNOOI

Op 01 en 02 September het drie tennisspelers van Hoërskool Cradock deelgeneem aan die Brain Bands Mini 3 Toernooi in Port Elizabeth.

Terwyl die lente ‘n verfrissende reënbui saam met hom gebring het, het dit egter beteken dat baie van die geskeduleerde wedstryde nie kon plaasvind. Beide Yahron van Dyk sowel as Hendrik Fouche kon weens die reën nie hul wedstryde voltooi nie.

Die bepalende wedstryde vir die topposisies kon egter steeds gespeel word danksy droeër bane wat in Despatch beskikbaar gestel is.

Anika Marias, eerstespanspeler van CHS, neem deel in die Dogters o.18-afdeling en speel puik tennis om in algehele tweede posisie te eindig. Sy ontvang ook ‘n trofee vir hierdie prestasie.

Baie geluk aan hierdie drie leerders, wat hul naweke gereeld opoffer om aan toernooie deel te neem. Geluk ook aan Anika met haar pragtige tweede plek.

Foto bo: Anika Marais, tennisspeler van Hoërskool Cradock met haar trofee wat sy ontvang het tydens die onlangse Brian Bands Mini 3 Toernooi in Port Elizabeth.

Anika het in die D. o/18-afdeling ‘n algehele tweede plek behaal.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal