Op Woensdag 18 Julie 2018 het vier akteurs van JPD Productions die voorgeskrewe graad 12 gedigte opgevoer by Hoërskool Cradock. Wat baie anders en uniek was, is dat die gedigte in ‘n humoristiese storielyn verweef was. Dit het die 12 gedigte baie lewendig en toeganklik gemaak vir die matrieks. Die leerders vind baie baat hierby omdat hulle dan makliker leer as hul die visuele opvoering onthou.
Dieselfde groep het vroeër vanjaar ook die leerders vermaak met ‘n produksie “Die Beer” wat verskillende stylfigure en beeldspraak aangespreek het.
Woensdag se opvoering is aangebied as deel van CHS se Mandela Dag vieringe en was baie spesiaal aangesien dit bydra tot opvoeding en kultuur, wat beide baie belangrik was vir Nelson Mandela.
Op die foto bo:
Agter vlnr: Jeandri Visser, Zander Niemand, Zanelle Weitz, mev. Laurette le Roux, Maria de Koker, Stella Nortier, Maryke Costerus, Hein Oswald Kotze, Ilana Steenkamp, Morné Vogel, Jeanri Nortje, Marike Dannhauser
Voor vlnr: Danielle Da Camara, Anemie Blom, Dirkie Cronje, Houghlynne Swarts, Jardine van den Heever