)

Hoërskool Cradock hokkie presteer

Hokkiespelers van Hoërskool Cradock is vinnig besig om naam te maak vir hulself. Hoewel beide die seuns- en dogterspanne nog relatief jonk is, wys hulle ongelooflike talent en karakter op die veld en seëvier ook op gereelde basis teen opponente van groter stadskole.

Die eerste seunsspan het verlede Saterdag deelgeneem teen ‘n Junior A-span van Hoërskool Pearson en met goeie spanwerk hierdie kragmeting 1-0 gewen. CHS het hul kanse goed benut en Ryan Gowar teken ‘n pragtige doel aan om die Kwaggas na oorwinning te lei.

Die dogterspanne van CHS het díe van Burgersdorp Hoërskool aangepak tydens ‘n sportdag in Burgersdorp.  Hoewel die tweede en derde spanne nie ‘n wen kon beklink nie, moet melding gemaak word van die spel van hierdie jong en onervare spanne.  Die derdespan het hul heel eerste wedstryd gespeel en met groot entoesiasme ‘n indruk gelaat op toeskouers. Tye van puik spel kon ongelukkig nie in doele omskep word nie, die verdediging van hierdie jong spannetjie kan opgeskerp word en die doelwagter was ongelukkig met te veel gelaat om te doen. Hierdie dogters het egter baie entoesiasties hul wedstryd aangepak en reeds saam met hul afrigters nuwe spelpatrone en –strategieë bespreek om hul volgende kragmetings in hul guns te beëindig.

Die eerste dogterspan het in hul wedstryd gewys waarom hulle reeds ‘n indrukwekkende uitslagkaart het. Jani Hatting teken vroeg in die eerste helfte ‘n doel aan vir CHS, waarna Burgerdorp antwoord met ‘n doel van hul eie. Die fluitjie het skaars geblaas aan die begin van die tweede helfte toe Marike Dannhauser nog ‘n doel vir die Kwaggas aanteken. CHS toon goeie verdediging en wen hierdie wedstryd 2-1. Goeie spanwerk het hiedie span gehelp om in hul laaste dertien wedstryde agt daarvan te wen, slegs drie te verloor en in twee wedstryde gelykop te speel.
Die toekoms van hokkie by Hoërskool Cradock is rooskleurig, met talentvolle spelers en passievolle afrigters en ondersteuners wat lang ure insit om te verseker dat hierdie sport na hoër hoogtes geneem word.

Die eerste seunspan van CHS het Saterdag hul wedstryd teen Hoërskool Pearson se Junior A-span 1-0 gewen.
Voor vlnr:  Niel Slabbert, mev. Lize-Marie Lombard (afrigter), Tiaan Barendse
Agter:  Leon Erasmus, Brett van Deventer, Tinus Ferreira, Willem Karsten, Patrick Lord, Ryan
Gowar, Pieter-Ben Smit, Anthony Goosen, Garth Bezuidenhout, Jan-Hendrik Bezuidenhout, AJ Christians

CHS Dogtershokkie - Elanie de Wet

Op die foto links:

Elanie de Wet, speler van CHS se eerste hokkiespan, is tydens die wedstryd teen Burgersdorp aangewys aan Speler Van Die Wedstryd.  CHS het hierdie wedstryd 2-1 gewen.
Foto geneem deur MduP Photography

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal