Hoërskool Bredasdorp. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Janco Fourie, Hoofseun vir 2022, van Hoërskool Bredasdorp.
Janco, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Bredasdorp?
Ek sal graag die skool wil dien soos verskeie leiers voor my dit gedoen het. Dit is ook my doel om te loop in die diep voetspore wat deur die jare deur verskeie leiers gelaat is. Ek dink egter dat dit belangrik is vir jong leiers, soos ons, om ook ons eie voetspore te los en dus op ons eie unieke manier te lei en tradisies te skep. Ek glo dat ons almal die vermoë het om andere ( selfs al is dit net een persoon) te inspireer en ons moet almal daarna streef om hierdie ideaal na te jaag.
Hoe het die afgelope vier jaar by Hoërskool Bredasdorp jou vir die rol as leier voorberei?
Die een kenmerk van hierdie skool is juis dat daar op elke gebied, en vir alle leerders, geleenthede geskep word. Almal kan blootstelling kry vir geleenthede om jouself te bevorder. Ek was gelukkig om leiers hier te leer ken wie ‘n voorbeeld was vir my en my kon inspireer en motiveer. Leerders word blootgestel aan sport, kultuur en akademie maar ook aan mede leerders op alle vlakke van die samelewing. Ek glo dat dit ons toerus met mensekennis en begrip wat noodsaaklik is vir enige leierskapsrol.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
In die sport en ander buitemuurse aktiwiteite waaraan ek deelneem het ek die voorreg om verskeie volwassenes (en ook ander tieners) te ontmoet. Elkeen het, op sy of haar unieke manier, ‘n invloed op my lewe. Hulle inspireer my en ek sien op na hulle as mentors. Elkeen van hierdie mense speel ‘n unieke rol om my te vorm.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek oorweeg ‘n rigting waar wiskunde een van die hoof-leervakke is. Ek is egter nog onseker is oor die spesifieke studierigting of vakgebied.
Wat staan vir jou die meeste uit by Hoërskool Bredasdorp?
Die hoeveelheid ure wat die onderwysers spandeer om die beste vir die leerders te gee wat hulle moontlik kan.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Ek dink deelname aan span-aktiwiteite, in kultuur- of sportverband, is goed vir leerders en daarom dink ek dat veral spansporte of groepdeelname aangemoedig moet word. Om by te dra tot iets wat groter as jy is.
Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Om die klank te doen by saalbeeenkomste en ander funksies.
Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?
Om bestaande tradisies verder uit te bou en te bevorder, maar ook nuwe tradisies te skep wat vir baie jare sal bestaan en almal in die skool te motiveer om hierdie tradisies te volg.
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?
Die drang om suksesvol te wees en met alles te slaag wat ek aanpak.
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Hoëskool Bredasdorp te word?
Daar is baie geleenthede waaraan jy kan deelneem en omdat dit ‘n relatiewe klein skool is kry jy baie indivuduele aandag en blootstelling.
Wat is jou toekoms-ideale?
Om ‘n goeie balans te handhaaf tussen alle aspekte van my lewe en alles te geniet wat ek doen.
Foto verskaf
Lees meer skolenuus: