Boodskappe 2021 Matrieks. Kobus Botha se ouers het hierdie besondere boodskap aan hom gerig om dit saam met hom die toekoms in te neem. Kobus is in matriek by Hoërskool Bastion, Gauteng.
“My Seun, so kom jy aan die einde van jou skoolloopbaan. Menigte kere het ons gewens dat jy vir altyd ons klein ou seuntjie kon bly, maar dit was vir ons as ouers ‘n voorreg om te kon sien in watter onafhanklike, sterk jong man jy ontluik het. Ek wens vir jou goeie avonture op jou reis deur die lewe en ons weet die pad vorentoe lyk onseker, maar weet net dat ons nie kan wag om langs die kantlyn te staan en jou aan te moedig nie, ons weet jy kan jou sukses behaal, want ons glo in jou!”
Foto verskaf
Lees meer skolenuus: