)

Hoërskool Bredasdorp leerder skitter op kultuurgebied

Helena Kriel (gr9) van Hoërskool Bredasdorp is ‘n veelsydige leerder wat, ten spyte van die beperkings wat die Covid-pandemie meebring, op kultuurgebied haar heel beste gee. Sy het deurgedring na die finale rondte van die landswye Wêreldkennisolimpiade wat later vandeesmaand plaasvind.

Helena neem ook vanaf 8 tot 10 Oktober aan die landsfinaal van die Nasionale Interskole Redenaarsliga SA deel. Sy het 95,5% tydens aanlyn Provinsiale Rondte behaal.

Ook op formele musiekgebied vaar sy tans uitstekend. Sy word gekies vir die UNISA Musiekteorie ererol vir haar uitmuntende prestasie vir Teorie graad 3. Slegs kandidate wat meer as 90% behaal, kom in aanmerking hiervoor. Gedurende September lê sy haar UNISA Graad 5 Klaviereksamen in Hermanus af.

Sy neem ook op 13 Augustus aan die eerste rondte van die Johan Vos Musiekkompetisie by die Hugo Lambrechts Musieksentrum deel.

Ons hou duimvas vir haar is trots daarop dat sy altyd net haar heel beste gee in al die aktiwiteite waar sy betrokke is. Hoërskool Bredasdorp is met reg trots op Helena Kriel in gr 9.

Foto verskaf

Meer oor Hoërskool Bredasdorp:

https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/paarl/

https://www.hsbredasdorp.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal