)

Nuwe IGO departementshoof by Hoërskool Witteberg

Hoërskool Witteberg in Bethlehem verwelkom Mnr. Jaco Ackerman by die Witteberg-familie.

Mnr. Ackerman sluit by Witteberg aan as nuwe departementshoof vir IGO. Hy is ook betrokke by die rugby en tree as koshuisleier van koshuis 4 op!

Baie welkom, meneer Ackerman!

Meer oor Hoërskool Witteberg:

Welkom by die Hoërskool Witteberg…

Hierdie jeugland is ‘n volle orkes. Elke klas, les en oefening, hoe klein ook al, ‘n unieke instrument met sy eie timbre. Indien hierdie meesterstuk heelhartig aangepak word, sal jul leer luister en waardeer. En soos ritmes verhoog, sal jul ontwikkeling en blootstelling jul toelaat om die wêreld te verower. Sou jy deel vorm van die lewensreis, sal jy besef, jy is deel van iets onvervangbaars.

Ons akademiese ingesteldheid vorm die ryke fondasie van ons instelling. Hierdie mandaat is ons trots en word jaarliks as prioriteit geag ter wille van ons leerders. Ons standaard is monumentaal en die enigste maatstaf waarmee die wêreld jou gaan groet. Elke opvoeder by ons, ag hierdie plig as ‘n voorreg en is gereed om saam aan jul menswees te bou.

At Witteberg one quickly realises that work doesn’t break you, but builds you. When one walks amongst giants, you realise that only a sound foundation, built on principle, are the building blocks that can weather the storm. Here we strive to be the monuments that society needs. The pillars that allow the structures of life to remain standing. It is this approach that defines us as different to the rest.

Ons is geseënd om te mag spog met uitsonderlike fasiliteite en ‘n ryke geskiedenis van sport en kultuurprestasies. By Witteberg gee ons erkenning aan die norme waarmee tydloosheid gepaardgaan. Ons ontsluit en ontwikkel karakter wat nodig is om die onbekende te trotseer. Elke personeellid se ywer vorm deel van die skool se ritme wat vir sy leerders standvastigheid skep. Kom sien, beleef en glo hoe die seisoene van jou lewe agter ons skoolbanke met ‘n ryke oes geseën kan wees. Kom ervaar hoe die duet tussen opvoeder en kind, sorg vir ‘n crescendo. Daag dus op vir die blyspel, luister na elke noot, ook na die stiltes – en deel in ‘n onmeetbare oomblik.

Om deel van die instelling te wees, sal altyd ‘n voorreg bly.

Hannes Oosthuizen

Skoolhoof

Lees meer oor Witteberg:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

https://www.witteberghs.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal