)

Hoërskool Aliwal-Noord leerder skitter in Hokkie

“… though she be but little she is fierce”- Shakespeare

Kamerin McPherson het tydens die Junie vakansie aan die “u/14 South Hockey Tournament” in Bloemfontein deelgeneem.

Hierdie span bestaan uit dogters van 5 verskillende skole waarvan Hoërskool Aliwal-Noord een is. Kamerin is as onderkaptein van die span verkies en sy was ‘n regte ambassadeur vir die Alie naam.

Volgens Kamerin se Amathole span afrigter is sy ‘n merkwaardige hokkiespeler wat ware sportmanskap uitgebeeld het.

Kamerin, wat ‘n doring in haar gebied as “centre striker” is, was verseker ‘n doring in haar opponente se vlees. Hierdie Alie se liefde en passie vir hokkie is aansteeklik en sy kon dit weereens op die sportveld gaan uitleef.

Die Amathole span het oor algemeen nie te waffers gedoen nie en het 12de uit 14 spanne geëindig.

Baie geluk Kamerin McPherson, jy is verseker dinamiet in ‘n baie klein pakkie!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal