“… though she be but little she is fierce”- Shakespeare
Kamerin McPherson het tydens die Junie vakansie aan die “u/14 South Hockey Tournament” in Bloemfontein deelgeneem.
Hierdie span bestaan uit dogters van 5 verskillende skole waarvan Hoërskool Aliwal-Noord een is. Kamerin is as onderkaptein van die span verkies en sy was ‘n regte ambassadeur vir die Alie naam.
Volgens Kamerin se Amathole span afrigter is sy ‘n merkwaardige hokkiespeler wat ware sportmanskap uitgebeeld het.
Kamerin, wat ‘n doring in haar gebied as “centre striker” is, was verseker ‘n doring in haar opponente se vlees. Hierdie Alie se liefde en passie vir hokkie is aansteeklik en sy kon dit weereens op die sportveld gaan uitleef.
Die Amathole span het oor algemeen nie te waffers gedoen nie en het 12de uit 14 spanne geëindig.
Baie geluk Kamerin McPherson, jy is verseker dinamiet in ‘n baie klein pakkie!