Hoërskool Adamantia van Kimberley se noodhulp-span, Anet Steyn (kaptein), Tiaan Erasmus (onderkaptein), Morgan Keyser, Kayla Collins, Leanè van der Walt en Joshua Wilson het vanaf 28 tot 30 Junie aan die Nasionale kompetisie in Johannesburg deelgeneem.
Addies se Noodhulpspan het 4de geëindig en Anet Steyn het die prys vir “Best Dressed Cadet” gewen. Die ondersteunende onderwyser was Juffrou Ada Rheeder.
Addies is baie trots op hierdie span en glo dat volgende jaar net nog beter sal gaan.
Foto bo: Die Noodhulpspan