Sestien lede van die D.S. Jacobs Landsdiensklub het tydens die vakansie die Landsdiens Provinsiale Kamp bygewoon in Warrenton by die Kultuuroord.
Sewe van ons leerders is gekies om die Noord-Kaap provinsie te gaan verteenwoordig tydens die Nasionale Kamp.
Hulle is:
Lefran Smith (Gr.9),
Nathan Geldenhuys (Gr.9),
Gideon van der Merwe (Gr.11),
Hein van der Linde (Gr.11),
Marizán Steyn (Gr.11),
Leandri Louw (Gr.11) en
Anè van Niekerk (Gr.8).
Tydens die kamp het Marizàn Steyn, Leandri Louw en Gideon van der Merwe hul Leierskaptoekenning ontvang.
Lefran Smith en Ferosa Albertus het hul Impala-toekenning ontvang en Hein van der Linde het sy Goue-prestasie ontvang.
Lefran Smith is ook aangewys as die Junior Provinsiale leier vir die Gr.8 en 9 groep.
Hoërskool Adamantia se Landsdiensklub is vir die 21ste jaar aaneenlopend as die Aktiefste Klub in die Noord-Kaap aangewys.
Baie dankie aan juffrou Ada Rheeder wat haar vakansie opgeoffer het vir die leerders en baie geluk aan al die leerder met hierdie uitstaande prestasies! Ons is trots op julle.
Foto bo: Landsdiens kampgangers