)

Hoërskool Adamantia Landsdiens

Sestien lede van die D.S. Jacobs Landsdiensklub het tydens die vakansie die Landsdiens Provinsiale Kamp bygewoon in Warrenton by die Kultuuroord.
Sewe van ons leerders is gekies om die Noord-Kaap provinsie te gaan verteenwoordig tydens die Nasionale Kamp.

Hulle is:

Lefran Smith (Gr.9),
Nathan Geldenhuys (Gr.9),
Gideon van der Merwe (Gr.11),
Hein van der Linde (Gr.11),
Marizán Steyn (Gr.11),
Leandri Louw (Gr.11) en
Anè van Niekerk (Gr.8).

Tydens die kamp het Marizàn Steyn, Leandri Louw en Gideon van der Merwe hul Leierskaptoekenning ontvang.

Lefran Smith en Ferosa Albertus het hul Impala-toekenning ontvang en Hein van der Linde het sy Goue-prestasie ontvang.

Lefran Smith is ook aangewys as die Junior Provinsiale leier vir die Gr.8 en 9 groep.

Hoërskool Adamantia se Landsdiensklub is vir die 21ste jaar aaneenlopend as die Aktiefste Klub in die Noord-Kaap aangewys.

Baie dankie aan juffrou Ada Rheeder wat haar vakansie opgeoffer het vir die leerders en baie geluk aan al die leerder met hierdie uitstaande prestasies! Ons is trots op julle.

Foto bo: Landsdiens kampgangers

 

Lefran Smith
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal