Die Mej. Addie-finaliste het hul gesamentlike gemeenskapsprojek by Ons Huis Aftree-Oord gedoen. Die meisies het heerlik saam met die inwoners gekuier en hul bedien met koffie, tee en kaasskons. Elke meisie het dit net so baie geniet soos die inwoners. Daar was sommer sprake van toekomstige BINGO-kuiers saam!
Baie dankie aan die finaliste wat hul Vrydagmiddag saam met die bejaardes spandeer het.
Die finaliste is Angelique Bekker, Alicia de Villiers, Chenè Stenekamp, Johanè van Aswegen, Kayla Collins, Leanè van der Walt, Mainie Deetlefs, Monique Bekker, Nadine van Heerden, Re-Hanna Fouché, Rodene Pondoyi en Will-Marie Langeveld.
Die onderwyser is Juffrou Tanya Jordaan.