Leigh van Zyl, gr 8 leerder van Hoër Meisieskool Paarl, is een van Suid-Afrika se top o/14 tennisspelers. Leigh is huidiglik die nr 2 o/14 dogter op die TSA ranglys. Sy is ook gekies vir die o/16 SA Elite Squad, na die afgelope Meesters TSA Toernooi op Potchefstroom. Leigh het 2de geëindig tydens die toernooi.
Sy is ook aangewys as een van drie spelers wat genomineer is deur TSA as Junior Vroue-tennisspeler van die jaar 2017/18. Verder is sy deur die keurders genomineer as Players’ Player 2017/18.
Vroeër die jaar is Leigh twee keer opgeneem in die SA o/14 span, wat onderskeidelik deelgeneem het in
Pretoria en Tunisië.
Sy het Boland ook verteenwoordig as die nr 1 o/15 tennisspeler en was by die SA Skole Toernooi onoorwonne.
Sy is ook opgeneem in die SA o/15 Skolespan.