Mila Ferreira vam Hoër Meisieskool Paarl, het van 3 tot 8 Januarie aan die SA Junoir skaakkampioenskappe deelgeneem as deel van die o.14 A WP span. Hul span het ‘n vierde plek behaal. Vanaf 9 tot 12 Januarie het sy ook deelgeneem aan die SA Wildcard. Sy het altesaam 42 ure se skaak oor 12 dae met rondtes van tot 4 ure lank gespeel!
Paarl Meisies is baie trots en is bevoorreg om haar as die Laerskool skaak-kaptein te hê!